Sunday, May 30, 2010

"WHERE HOPE GROWS MIRACLES BLOSSOM"


Die waarste ding wat ek in n lang tyd gelees het !!!!

My Liewe baba seuntjie

Vandag is dat 3 maande en drie weke vandat ons jou daai donker nag verloor het en my hart is baie seer vanaand my liefling, mamma mis jou so vreeslik baie ek wens ek kon jou leer ken jou groot maak jou vas hou, jou troos waneer jy huil maar nou speel jy in die hemel met die ander engeltjies mamma kon jou lewelose lyfie net n paar minute vas hou jy was so pragtig ons het so lank vir jou seuntjie lyfie gebid ons wou so graag he die enigste doring tussen al die rosies. Jou voespoortjies en scan foto's is al wat ons van jou tyd op aarde het maar daai voetjies het diep spore in mamma se hart getrap ek wens ons het meer tyd saam met jou gehad maar ouma se jy het vir haar gese jy sal na ons toe kom in n gesonde lyfie want jou siel sal voort leef en ons moenie treur nie. Wel tot dan leef jy on ons harte voort ek is lief vir jou engel kind.